NOORD-KAAP. – ‘n Burger van Lesotho (21) is glo Dinsdag met ongeslypte diamante op Kleinsee vasgetrek.
Sers. Timothy Sam sê ‘n multidissiplinêre span was besig met die uitvoering van Operasie Vala Umgodi. Ongeslypte diamante is glo tydens ‘n roetine stop-en-deursoeking van voertuie by ‘n kontrolepunt gevind. Sam sê die verdagte kon glo nie ‘n verduideliking vir die diamante gee nie, hy kon ook nie dokumentasie om in die land te wees voorsien nie.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.





