ISRAEL. – Hamas het gister 20 lewende gyselaars en vier kiste met liggame aan Israel oorhandig in ruil vir 1 700 Palestynse gevangenes wat sonder aanklagtes aangehou is en 250 gevangenes wat lewenslange vonnisse aan die uitdien was.
Lees ook: Israel ontvang eerste gyselaars in ruil vir gevangenes
Donald Trump en nog 20 leiers is by die beraad in Sharm al-Sheikh, Egipte, waar Egipte, Katar, Turkye en Trump ‘n verklaring geteken het as borge van die skietstilstandooreenkoms.
Die Israeliese weermag het gesê forensiese toetse sal uitgevoer word op die vier liggame wat oorhandig is om hulle identiteit te bevestig voordat die families in kennis gestel word. In die skietstilstandooreenkoms is dit erken dat Hamas nie die oorblywende 24 liggame van gestorwe gyselaars sal kan kry in die tydlyn wat gegee is nie.
Daar sal na verwagting verdere onderhandelinge wees oor die res van die vredesplan wat deur Trump voorgestel is.
Bronne: BBC, ABC News, CNN
Lees ook: Israel ontvang eerste gyselaars in ruil vir gevangenes





