Lewenslange tronkstraf vir beskuldigde op parool vir vrouemoord gevra

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die staat het die George-hooggeregshof versoek om Johan Miana tot lewenslange tronkstraf vir die moord op Maria Karen Ambraal (23), waarvoor hy skuldig gepleit het, te vonnis. Die staatsaanklaer het aangevoer daar is geen versagtende omstandighede nadat Miana binne sewe maande ná sy parool weer ’n moord gepleeg het nie.

Eric Ntabazalila, NVG-woordoerder, sê in ‘n verklaring die hof het gehoor dat Miana en Ambraal in ’n romantiese verhouding was en saamgewoon het op ’n plaas naby Uniondale. Op 8 November 2024 het hulle saam met ’n vriend gaan kuier, waar hulle alkohol gedrink en dagga gebruik het. Terwyl hulle huis toe gestap het, het ’n rusie uitgebreek. Miana het erken dat hy beheer verloor het, Ambraal aangerand, verskeie kere met ’n mes gesteek en toe met ’n klip oor die kop geslaan het totdat sy ophou asemhaal het. Hy het daarna sy werkgewer gevra om die polisie en ambulans te ontbied. Miana het erken dat hy geweet het sy optrede was verkeerd, al was hy onder die invloed.

Volgens John Reyneveld, senior staatsaanklaer, is Miana aan moord skuldig bevind ingevolge artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, gelees met die Wet op Gesinsgeweld 116 van 1998. Reyneveld het die hof meegedeel dat Miana reeds in 2014 vir die moord op sy vrou skuldig bevind is en ’n vonnis van 17 jaar opgelê is. Hy is in April 2024 op parool vrygelaat ná tien jaar agter tralies en was steeds op parool toe hy Ambraal ontmoet het.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die skuldigbevinding verwelkom. Vonnisoplegging sal vandag (Donderdag) plaasvind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief