Russiese aanval beskadig Oekraïense kragaanleg

Lees ook :

Russiese aanval beskadig Oekraïense kragaanleg fotokrediet: Canva

OEKRAÏNE. – Oekraïense owerhede het Woensdag bekendgemaak Rusland het oornag een van sy kragaanlegte aangeval. Twee werkers is in die aanval beseer.

Die ligging van die aanleg is veiligheidshalwe nie bekend nie. Skade aan die aanleg plaas druk op die beskikbaarheid van lig, hitte en lopende water in die aanloop na die winter.

Lees ook: Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne

Volgens die owerhede het Rusland ook energie-infrastruktuur in noordelike Chernihiv, suidelike Kherson en suid-oostelike Dnipropetrovsk beskadig.

Oekraïne se lugmag het gesê dit het 154 uit 183 Russiese hommeltuie gekeer.

Oekraïense teenaanvalle op die Russiese energie-infrastruktuur het verskeie streke naby die grens sonder krag gelaat. Drie mense is in Belgorod in aanvalle deur Oekraïne gedood. ‘n Sportfasiliteit en twee woonstelgeboue is ook in die aanvalle op Rusland getref en verskeie mense is beseer.

Bronne: Euronews, PBS, CTV News

Lees ook: Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief