Lewenslange tronkstraf vir man wat vrou met panga kap

Lees ook :

Foto: Soneé Fi-Fi Witbooi

WES-KAAP. – Rodney Witbooi is Maandag ná ‘n langdurige verhoor in die George-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat Soneè Witbooi (29) op 21 Desember 2022 omstreeks 02:00 by haar George-woning in Loerie Park vermoor is.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die Tuinroete-SAPD, sê ’n intense ondersoek na Soné se dood het aan die lig gebring dat die man deur ’n venster toegang tot die perseel in Loeriepark, George, verkry het. ’n Rusie het ontstaan, waarna hy die vrou met ‘n panga, wat vroeër aangekoop is, aangeval het. Die slagoffer se suster het ingegryp en is ook met die panga geslaan. Die oorledene het verskeie oop wonde aan haar kop en gesig opgedoen en is later op die toneel deur paramedici dood verklaar. Haar suster is vir mediese behandeling geneem.

Die beskuldigde is met die hulp van gemeenskappatrolleerders in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding en is op 4 November 2025 op verskeie aanklagte skuldig bevind.

Witbooi is vir moord tot lewenslank, poging tot moord 15 jaar, poging tot verkragting 15 jaar, inbraak 7 jaar en vir die besit van dwelms (tik en Mandrax) 3 jaar tronkstraf opgelê.

Die polisiebestuur in die provinsie het sers. Badikazi Nonyukela van George-speurtak en adv. Evadne Kortjé, die aanklaer, geprys vir hul werk wat daartoe gelei het dat die beskuldigde uit die gemeenskap verwyder is.    

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief