Brekende Nuus
Afrikaans

Lewenslank vir vierjarige se verkragting

By sy huis het die beskuldigde die slagoffer ontklee en verkrag.

Lewenslank vir vierjarige se verkragting
Photo: Canva

Zakhonze Stephen Dasheka (49) is in Bloemfontein skuldig bevind en lewenslank gevonnis nadat hy ‘n vierjarige (ouderdom tydens die misdaad) slagoffer in 2019 verkrag het.

Kapt. Loriane Earle sê die skuldige het die slagoffer onder voorwendsel dat hy vir haar klere gekoop het na sy huis geroep terwyl haar ouma geslaap het.

By sy huis het hy die slagoffer ontklee en verkrag.

Die vierjarige slagoffer het haar ouma van die voorval vertel, wat ‘n saak by die polisie aangemeld het.

Dasheka is op 25 Desember 2019 deur die Bloemspruit-polisie in hegtenis geneem.