KWAZULU-NATAL. – Linda Hlophe, ‘n lewensredder van KDM (KwaDukuza-munisipaliteit), wat van diens was, het Sondagaand vier swemmers wat in die moeilikheid was, op sy eie en in die donker te hulp gesnel.
Samantha Meyrick sê IPSS Medical Rescue en IPSS Search & Rescue het saam op die oproep vir hulp vir die vier swemmers, wat by Clarkebaai in Ballito in die moeilikheid was, gereageer.
Met aankoms is gevind Hlophe was naby en kon vier volwassenes na veiligheid bring.
Die swemmers is deur IPSS Medical Rescue geassesseer en in goeie gesondheid gevind.
“A big shout out to Ballito Lifeguard, Linda, for his incredible bravery and excellent work this evening with his quick response ensured that these family members will all be going home tonight.”
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: