Lewensversekering moontlik motief agter moord op akteur en vriend

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee verdagtes is Dinsdag op aanklag van moord gearresteer nadat David Manuel en Alfonso Fisher op 8 Februarie in Gugulethu doodgeskiet is.

Sers. Wesley Twigg sê die moord op die Noem My Skollie-akteur, David Manuel, en sy vriend is deur provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek.

“‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat lewensversekeringspolisse deur familielede uitgeneem is wat as ‘n moontlike motief geïdentifiseer is.”

Die verdagtes, ‘n man en vrou tussen 30 en 40 jaar oud wat in aanhouding is, sal Donderdag op aanklagte van moord en bedrog in die Athlone-landdroshof verskyn.

“Die moontlikheid van nog arrestasies word nie uitgesluit nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief