WES-KAAP. – Twee verdagtes is Dinsdag op aanklag van moord gearresteer nadat David Manuel en Alfonso Fisher op 8 Februarie in Gugulethu doodgeskiet is.
Sers. Wesley Twigg sê die moord op die Noem My Skollie-akteur, David Manuel, en sy vriend is deur provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek.
“‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat lewensversekeringspolisse deur familielede uitgeneem is wat as ‘n moontlike motief geïdentifiseer is.”
Die verdagtes, ‘n man en vrou tussen 30 en 40 jaar oud wat in aanhouding is, sal Donderdag op aanklagte van moord en bedrog in die Athlone-landdroshof verskyn.
“Die moontlikheid van nog arrestasies word nie uitgesluit nie.”