Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die polisie op Vuwani, buite Thohoyandou, ondersoek die moord van ‘n man (74) en sy lewensmaat (58) wie se liggame gister in hulle huis ontdek is.
Die paar is in hulle slaapkamer in ‘n plas bloed met verskeie diep steekwonde gekry. Albei is op die toneel dood verklaar.
Die oorledenes is identifiseer as Nevondo Khorommbi (74) en sy lewensmaat Tshifhiwa Mercy Maphaha (58).
Die polisie ondersoek twee sake van moord. Die motief vir die moorde is tans onbekend.
Bronne: SAPS
Lees ook: Verdagte beskuldig van moord op ses sekswerkers in hof





