KONGO-BRAZZAVILLE. – ’n Bewarings-liefdadigheidsorganisasie waarby prins Harry verbonde is, het erken die African Parks-veldwagters by die Odzala-Kokoua Nasionale Park in Kongo-Brazzaville het die Baka-gemeenskap se menseregte oortree.
Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale
Dit volg na die gemeenskap verlede jaar die veldwagters daarvan beskuldig het dat hulle geslaan, verkrag en gemartel is om hulle daarvan te weerhou om in hulle voorvaderlike woud, wat nou deel van die bewaringsgebied is, in te gaan.
’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer en African Parks het erken menseregteskendings het by die park plaasgevind, maar daar is nie gesê wat by die park gebeur het nie. Die ondersoekers word deur onder andere deur die liefdadigheidsorganisasie Survival International, wat vir die regte van inheemse bevolkings veg, gekritiseer omdat hulle kies om nie besonderhede van die verslag bekend te maak nie.
Prins Harry dien in die raad van African Parks en was sedert 2016 as president by die organisasie betrokke. Hy is in 2023 ’n lid van die raad van direkteurs gemaak. Volgens The Sun is daar geen bewyse dat die menseregte-oortredings plaasgevind het toe prins Harry die president van die organisasie was nie en daar is geen bewys dat hy daarvan bewus was nie.
Bronne: BBC, The Sun, The Telegraph
Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale