Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale

Lees ook :

Charity Commission ondersoek prins Harry se liefdadigheidsorganisasie fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Die Britse liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se liefdadigheid, Sentebale, na die voorsitter, dr. Sophie Chandauka, verskeie bewerings oor die bestuur van die organisasie gemaak het.

Lees ook: Prins Harry beskuldig van boeliery en teistering deur Sentebale-voorsitter

Prins Harry, prins Seeiso van Lesotho en die raad van trustees het bedank van Sentebale ná Chandauka geweier het om haar rol te laat vaar oor haar bewerings van “wanbestuur, vrouehaat en boeliery”.

Harry het in ’n verklaring gesê Sentebale is gestig om kinders en jong mense in Suid-Afrika te help ter herinnering aan sy en prins Seeiso se ma’s.

Hy het gesê: “Wat die laaste week gebeur het, was hartverskeurend om te sien, veral wanneer sulke blatante leuens dié seermaak wat dekades belê het in die doelstellinge.” Harry het bygevoeg: “Ons verwag dat die ondersoek die waarheid wat ons gedwing het om te bedank, sal bekendmaak”.

Die liefdadigheidskommissie het gesê dit ondersoek of die huidige en voormalige trustees hulle rolle en verantwoordelikhede uitgevoer het soos deur die liefdadigheidswet vereis.

Bronne: BBC, Evening Standard, The Mirror

Lees ook: Prins Harry beskuldig van boeliery en teistering deur Sentebale-voorsitter

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief