Liggaam sonder ledemate ontdek – naasbestaandes gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Skedel, ‘n lyf los daarvan en ‘n regterarm sonder ‘n hand is Dinsdag omstreeks 16:30 naby ‘n rivier in Elukwatini ontdek. Die Elukwatini-polisie is op soek na die oorledene se naasbestaandes.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê ‘n herder (umalusi) het op die oorskot in Tjakastad (kaMalahleka) afgekom. Die hoofman (induna) in die area is ingelig en hy het die polisie ontbied. Beide die bene en die linkerarm van die liggaam is vermis. Die polisie vra enigiemand met relevante inligting om die oorledene te kan identifiseer of wat weet wat gebeur het, om na vore te kom. Indien iemand na ‘n vermiste familielid soek, moet by die naaste polisiestasie aangemeld word.

Die publiek word herinner daar hoef nie tyd te verloop alvorens iemand as vermis aangemeld kan word nie. Speur. sers. Vusi Nkosi kan met inligting by 071 374 7759 of 082 798 0396 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief