Brekende Nuus
Nuus

Man se liggaam van spoorlynkragdrade afgehaal

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Soek-en-reddingspanne van die Durbanse polisie en metropolisie het Woensdag die liggaam van ’n 28-jarige man van die oorhoofse kragdrade van ’n spoorlyn langs Umgeniweg in Sydenham, Durban, afgehaal.

Die polisie sê beamptes van KwaMashu se spoorwegpolisie het die liggaam op die kragdrade gevind. Die passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het die kragtoevoer afgeskakel, waarna die reddingspanne ’n leer gebruik het om die liggaam te bereik en grond toe te laat sak. Hulle het die liggaam aan die Sydenham-polisie oorhandig.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen.