Liggaam van bejaarde in plas bloed gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die liggaam van ‘n bejaarde man (66) is Maandag 3 Julie 2023 in ‘n plas bloed in ‘n huis in Wilgenhof, Kroonstad, gevind.

Sers. Mahlomola Kareli sê polisie is omstreeks 16:00 na die toneeel ontbied waar die bejaarde met diep kopwonde gevind is.

Daar was gevind dat toegang geforseer is omdat die diefwering en skuifdeur oop en beskadig was.

Die oorledene is in ‘n plas bloed gevind en is op die toneel dood verklaar.

‘n Moorsaak is geregistreer en Kroonstad-polisie het ‘n soektog na die verdagte (s), geloods.

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help kan met sers. Moakhi Ramokhothoane by 084 712 0651 of 08600 10111 kontak.

Alternatiewelik kan van die MySAPS toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief