Liggaam van Garsie op skool se rugbyveld gevind

Lees ook :

Photo: Steve Mabona spokesperson GDE

Mia Kühn (16) ‘n gr. 10-leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria se liggaam is vanoggend deur skoolsekuriteit op die rugbyveld gevind.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, is geskok deur die ontdekking van die leerling se liggaam.

Sy is as ‘n leerling in graad 10 geïdentifiseer.

Polisielede is tans op die toneel met ‘n ondersoek besig.

Die oorledene se familie is ook by die skool teenwoordig. Hulle sal die nodige ondersteuning van maatskaplike werkers en sielkundiges ontvang.

“What is unclear at this stage is how the dead body of the girl learner landed in the school, especially since schools are on recess and there are no learners at school. We call upon police to urgently apprehend the perpetrators. We also extend our sincerest condolences to the family and the school community at large,” het die LUR, mnr. Chiloane, gesê, waarna hy ook die skool vandag om 12:30 besoek het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief