Liggaam van man by berugte Voëlklip uit see gehaal

Lees ook :

Foto: Op lêer

WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n man (59) is Donderdag by die berugte Voëlklip, Heroldsbaai, waar soveel mense reeds omgekom het, uit die see gehaal.

Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. Plaaslike wetstoepassingspersoneel was omstreeks 11:20 op patrollie toe hulle die liggaam in die water gesien dryf het. Nooddienste is ontbied en die liggaam is deur polisieduikers uit die water gehaal en met AMS van die toneel gevlieg. Met verdere ondersoek is die oorledene en ‘n wrak van ‘n bakkie wat aan die onderkant van ‘n krans in die water aangetref is, met mekaar verbind.

“Die polisie is nie by magte om in hierdie stadium besonderhede van die oorledene bekend te maak nie,” het sers. Spies gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief