Liggaam van man deur swemmers opgemerk

Lees ook :

Foto: KZNVIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n man (48) het Saterdagaand by Glenashleystrand in die water gedryf.

KZNVIP Medics sê swemmers wat die aand gaan swem het, het die drywende liggaam gesien en dit na die strand getrek.

“Die vinnig denkende inwoner het nooddienste in kennis gestel, maar ongelukkig was daar geen tekens van lewe nie. Die pasiënt is deur KZNVIP Medics oorlede verklaar.”

Die polisie se soek-en-reddingseenheid en ander rolspelers was teenwoordig.

“Daar word geglo die man is vroeër die dag as vermis aangemeld. Dit kan egter nie hangende die polisie-ondersoek bevestig word nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief