NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n man (21) is vandag (Dinsdag) uit die Kareepandam in Postmasburg gehaal, nadat hy glo Sondag verdrink het.
Sers. Molefi Shemane sê die liggaam is omstreeks 10:45 deur die provinsie se soek-en-reddingseenheid en die Noordwes-duikeenheid uit die dam gehaal. Die insident word ondersoek.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om Postmasburg-speurtak by 082 302 0391of 082 878 0920 te bel.


