Liggaam van nog ‘n vermeende onwettige myner uit skag gehaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Die liggaam van ‘n vermeende onwettige myner is Maandag uit die Margaret-skag op Stilfontein gehaal.

Brig. Sabata Mokgwabone sê veiligheidspersoneel het vlak 16 van die skag deurgegaan toe hulle op die liggaam in ‘n gevorderde staat van ontbinding afgekom het.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die oorsaak van dood vas te stel.

Die departement van gesondheid in Noordwes het bevestig Jonny Shingani, een van 33 vermoedelike onwettige myners, wat op 14 Januarie in die Klerksdorp/Tshepong-hospitaal opgeneem is, het Donderdag aan ‘n mediese toestand gesterf.

Tydens die nasionale reddingsoperasie is 246 vemoedelike onwettige myners deur mediese personeel geassesseer, alvorens hulle aan die polisie oorgegee is. Altesaam 33 is in hospitale opgeneem, van wie 14 reeds ontslaan en aan die polisie oorhandig is. Nog 17 ontvang mediese behandeling in ‘n fasiliteit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief