KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n Rusa-beampte is Sondag omstreeks 16:30 in ‘n digte bos langs Old Main Road in Grangetown ontdek.
Reaction Unit South Africa sê twee mans het op die beampte se liggaam, met tou om sy hande en nek, afgekom. Hulp van Rusa se operasionele sentrum is dadelik gevra.
Die oorledene se waardevolle besittings is vermis. Sy dood word ondersoek.





