Liggaam van vermiste tienermeisie in vlak graf gekry, verdagte gearresteer

Lees ook :

Foto: Da Gamaskop GPF

WES-KAAP. – Die liggaam van Felicia Micheals (15), ook as Blommie bekend, is op 1 Februarie in ‘n vlak graf ontdek nadat sy op 26 Januarie haar huis verlaat het en nie weer gesien is nie. ‘n Verdagte is gearresteer.

Sers. Christopher Spies sê die meisie is by haar huis in Brandwag, Mosselbaai, weg om ‘n vriend te besoek en het nie teruggekeer nie. Nadat sy as vermis aangemeld is, is ‘n soektog geloods wat die polisie na ‘n huis in Abrahamstraat in Brandwag gelei het. Tydens ‘n verdere soektog is haar liggaam in ‘n vlak graf in bosse naby Brandwag gekry. Forensiese misdaadtoneeldeskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam.

Mosselbaai-GKS, wat die arrestasie uitgevoer het, ondersoek die omstandighede en motief van Micheals se dood.

Spies sê ‘n nadoodse ondersoek sal in die week gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel. Die verdagte sal Dinsdag op ‘n aanklag van moord in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief