Liggaam van vrou in Colville gevind

Lees ook :

Die liggaam van ’n 25-jarige vrou is Woensdag 29 Mei 2019 in Colville gevind.

“Sy het geen sigbare wonde aan haar liggaam gehad nie, dus is ’n nadoodse ondersoek versoek,” bevestig kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder. Sy sê ook indien die nadoodse ondersoek se verslag bewys dat die oorledene nie aan natuurlike oorsake gesterf het nie, sal ’n moordsaak geopen word.

“Ons kan in dié stadium nog nie haar naam aan die publiek bekend maak nie, omdat die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie. Haar ouers het haar in die week identifiseer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief