Steeds in die duister na passasiersbus uitbrand

Lees ook :

Die nooddienste is steeds in die duister na ’n passasiersbus Donderdag omstreeks 16:20 net buite Barkly-Wes vlam gevat en uitgebrand het.

Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het bevestig dat hulle steeds die oorsaak van die brand ondersoek.
“Die departement van gesondheid bevestig dat geen pasiënte of bestuurders enige beserings tydens die ongeluk opgedoen het nie. Daar was ook geen verlies of skade aan persoonlike besittings nie,” se sy. “Alle pasiënte wat betrokke was by dié voorval is veilig huis toe vervoer.”

Mxebezo verduidelik ook dat slegs padwaardige en gelisensieerde voertuie gebruik word om pasiënte te vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief