Liggaam van vrou op bebloede bed ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n vrou (36) is Maandag omstreeks 16:00 op ‘n bloeddeurdrenkte bed in haar huis op Smithfield ontdek.

Sers. Mahlomola Kareli sê ‘n vriend het op die vrou se lewelose liggaam, met beserings aan haar kop en lyf, afgekom. Sy is op die toneel dood verklaar. Smithfield-polisie se voorlopige ondersoek het tot die arrestasie vir moord van die vrou se kêrel (37) gelei. Sommige van die oorledene se besittings is glo in sy shack gevind.

Die verdagte sal na verwagting binnekort op ‘n moordklag in die Smithfield-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief