VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n vrou (36) is Maandag omstreeks 16:00 op ‘n bloeddeurdrenkte bed in haar huis op Smithfield ontdek.
Sers. Mahlomola Kareli sê ‘n vriend het op die vrou se lewelose liggaam, met beserings aan haar kop en lyf, afgekom. Sy is op die toneel dood verklaar. Smithfield-polisie se voorlopige ondersoek het tot die arrestasie vir moord van die vrou se kêrel (37) gelei. Sommige van die oorledene se besittings is glo in sy shack gevind.
Die verdagte sal na verwagting binnekort op ‘n moordklag in die Smithfield-landdroshof verskyn.