NOORD-KAAP. – Die oorskot van twee mans en ‘n babameisie is Maandag omstreeks 01:30 uit ‘n private lykshuis op Kuruman gesteel.
Lt.kol. Sergio Kock sê na bewering het twee mans die veiligheidswag by die lykshuis oorrompel en aangerand. Hy is glo vasgebind en geblinddoek, waarna die verdagtes met die drie liggame van die toneel gevlug het.
Die provinsiale misdaadondersoekdiens ondersoek ‘n sakeroof en Kock vra enigiemand met inligting om lt.kol. Doggy Magugu by 082 469 0578 te bel.





