KWAZULU-NATAL. – Die liggame van twee mense wat op 23 November 2025 tydens oorstromings in KwaZulu-Natal vermis geraak het, is gister gekry.
Lees ook: Oorstromings in KZN eis 1 – nog 2 vermis
Die mense is weggevoer toe ‘n rivier ‘n informele nedersetting oorstroom het. Drie mense was vermis, van wie die liggaam van ‘n vrou die volgende dag gevind is.
Reddingspanne het aanhou soek na die laaste twee vermistes.
Die woordvoerder van die departement van tradisionele sake en samewerkende regering, Senzelwe Mzila, het gesê die proses om die slagoffers te identifiseer, is aan die gang.
Bronne: Briefly, SABC, Witness.co.za
Lees ook: Oorstromings in KZN eis 1 – nog 2 vermis





