Brekende Nuus
Afrikaans

Oorstromings in KZN eis 1 – nog 2 vermis

Oorstromings in KZN eis 1 - nog 2 vermis
fotokrediet: Canva
Oorstromings in KZN eis 1 - nog 2 vermis fotokrediet: Canva

KZN. – ‘n Vrou se liggaam is in ‘n rivier gevind en twee persone word steeds vermis ná oorstromings in New Hanover oor die naweek.

Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik

Die mense is Sondag tydens oorstromings weggespoel nadat ‘n oranje vlak 6-waarskuwing vir swaar donderstorms uitgereik is.

Reddingswerkers is steeds op soek na die twee persone.

Volgens die KwaZulu-Natalse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) is residensiële eiendom en padinfrastruktuur beskadig, maar die omvang van die skade is nog nie bepaal nie.

‘n Geel vlak 4-waarskuwing is vir vandag vir uPhongolo, Paulpietersburg, Utrecht, Abaqulusi en Ladismith uitgereik.

Bronne: eNCA, EWN, IOL

Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik