Brekende Nuus
Afrikaans

Duidelikheid gevra oor planne om glo Afrikaanse oud-Model C-skole oor taalbeleid te teiken

Foto: Ter illustrasie
Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Afrikaanse voormalige Model C-skole sal glo eerste vir verandering oor taalbeleid in terme van die Bela-wet geteiken word. AfriForum het skerp gereageer op hierdie inligting wat aan die portefeuljekomitee vir basiese onderwys voorgehou is.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, bots hierdie benadering met die minister se stellings oor die belang van moedertaalonderrig. Sy sê die organisasie wag reeds byna ’n jaar op die publikasie van die voorgestelde taalbeleidsregulasies, wat misbruik sou voorkom.

Bailey meen Afrikaanse skole en hul ouers word aan onnodige politieke druk blootgestel en sê funksionele skole behoort groter outonomiteit te kry.

Druk hier om meer te lees.