GASA. – Die liggame van twee gyselaars is tydens ’n militêre operasie in Gasa gekry.
Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa
Die Israeliese weermag het gesê die liggaam van Ilan Weiss (56) wat in Hamas se aanval in die suide van Israel op 7 Oktober 2023 dood is, is gevind. Die liggaam van ’n tweede gyselaar is gevind, maar dit is nog nie bekend wie die oorledene is nie.
Daar is nou nog 48 gyselaars in Gasa met 20 wat na bewering nog lewe.
Bronne: BBC, Euronews, Sky News
Lees ook: Gyselaar se liggaam gevind in Gasa





