VRYSTAAT. – Die ontbinde liggame van ‘n vrou en kind is Maandag naby Wesgrow-plaas in die Hertzogville-distrik agter ‘n hoop klippe ontdek.
Kapt. Loraine Earle sê die polisie is na ‘n grondpad ontbied waar die oorskot gevind is. Die polisie vra hulp van die gemeenskap om die oorledenes te identifiseer. Die vroulike oorledene het blonde hare en haar bolyf was met ‘n handdoek bedek. Blou leggings, swart tights, ‘n pienk bodywarmer en wit plakkies is langs haar gevind. Langs die kind is ‘n blou bababroek en ‘n frokkie gekry.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Enigiemand wat die oorledenes kan uitken, word gevra om konst. Modiegi Suzan Mphana by 082 301 6387 te bel.





