KWAZULU-NATAL. – ‘n Ligte vliegtuig het Saterdagoggend net na 11:00 ‘n noodlanding op die Blue Lagoon-strand, in ‘n noordelike rigting onderweg na die Virginia-lughawe, gemaak.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het verskeie oproepe oor die insident gekry. Paramedici, saam met die Ethekweni-brandweer, is na die naaste toegangspunt, waarna etlike kilometers te voet afgelê is.
Jamieson sê dit is onbekend waarom die vlieënier ‘n noodlanding op die strand moes maak. Niemand is beseer nie, maar alle owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





