Loodgieter wen Lotto plus 2 Jackpot van meer as R38 m.

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Loodgieter van die provinsie het op Saterdag 31 Augustus die Lotto plus 2 Jackpot van meer as R38 m. gewen. Die wenner het eers Sondagaand met bedtoegaantyd besef hy is die wenner van ‘n lewensveranderde bedrag geld.

Hy wil niks uitspattigs doen nie, net ‘n warm huis vir hom, sy vrou en hulle twee kinders hê. Die emosionele wenner het ‘n boodskap op sy selfoon gekry wat sê hy het geld gewen en moet Ithuba kontak. Onderweg na Ithuba het hy gehoop op geld om hulle huis op te knap, maar het ‘n aangename verrassing gekry.

Charmaine Mabuza, die hoof- uitvoerende beampte van Ithuba, sê finansiële raad en traumaberading word aan wenners wat meer as R50 000 wen, gebied.

Enige wenbedrag word binne 72 uur aan geldige eisers uitbetaal en is belastingvry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief