LUR bekommerd na nog 25 leerlinge ná eet van lekkernye siek voel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Matome Chiloane, LUR, het kommer uitgespreek nadat 25 leerlinge van Laerskool Mshuluzane Mayisela in Zithobeni in Bronkhorstspruit van ‘n straatverkoper se lekkernye geeët en 30 minute later sleg begin voel het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê die leerlinge het begin jeuk en oor maagpyn gekla. Nooddienste is dadelik ontbied, waarna die leerlinge vir behandeling per ambulans na ‘n mediese fasiliteit vervoer is. Altesaam agt leerlinge is by Kungwini-kliniek en 17 by Zithobeni-kliniek behandel. Twee van die leerlinge is deur hulle ouers by privaat fasiliteite laat behandel.

Al die leerlinge is intussen ontslaan.

Wetstoepassing- en gesondheidsowerhede het ‘n ondersoek na die insident geloods om die veiligheid van die produkte wat deur straatverkopers verkoop word, vas te stel. Die ondersoek is om toekomstige voorvalle van leerlinge wat siek word, te keer.

Chiloane, die LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, het ernstige kommer uitgespreek en benadruk ouers, voogde en skole moet waaksaam wees. Hy het benadruk die kinders se gesondheid en veiligheid is ‘n prioriteit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief