Lees ook: Verdagtes in Lusikisiki-massaskietery verskyn vandag in die hof
LUSIKISIKI. – Die saak teen die sewe verdagtes in die Lusikisiki-massaskietery is tot 17 Februarie uitgestel.
Die saak sal na verwagting twee weke duur tot 28 Februarie.
Die verdagtes, Mzukisi Ndamase (46), Siphosoxolo Myekethe (45), Aphiwe Ndende (25), Lwando Antony Abi (33), Bonga Hintsa (31), Zenande Paya (38) en Mawethu Nomdlembu (36) word aangekla van moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.
Ndamase, wat glo die massaskietery uit die tronk beplan het, het gister in die hof gesê die aanklagtes teen hom moet teruggetrek word omdat hy sedert 2007 in die tronk was en nooit uit was nie.
‘n Agtste verdagte vir die moorde word steeds gesoek en ‘n beloning van R5 000 word aangebied vir enige inligting wat tot sy inhegtenisneming sal lei.
Bronne: Briefly, The Citizen, TimesLIVE
Lees ook: Verdagtes in Lusikisiki-massaskietery verskyn vandag in die hof





