Lees ook: Een verdagte in hegtenis vir Lusikisiki-skietery
Die man (45) wat in hegtenis geneem is vir die Lusikisiki-massaskietery sal na verwagting vandag om borg aansoek doen.
Siphosoxolo Myekethe sal vandag op 18 aanklagte van moord in die Lusikisiki-landdroshof verskyn.
Myekethe, wat op parool was na hy aan moord skuldig bevind is, het glo op 28 September 18 mense doodgeskiet.
Hy is op 7 Oktober in hegtenis geneem. Die motief vir die skietery is steeds onbekend.
Die NVG het gesê hulle gaan sy borgaansoek teenstaan. Die slagoffers van die skietery is die naweek begrawe.
Bronne: IOL, SABC





