Lusikisiki-verdagtes verskyn in hooggeregshof

Lees ook :

Lusikisiki-verdagtes verskyn in hooggeregshof fotokrediet: Canva

OOS-KAAP. – Die ses verdagtes in die moord op 18 mense in Lusikisiki het gister (Maandag) in die hooggeregshof in Mthatha voorgekom.

Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel

Die saak oor die massaskietery is van die Lusikisiki-streekhof verskuif na die hooggeregshof en is uitgestel tot 16 Mei 2025 vir die verdediging om aan te toon of hulle gereed is om met die verhoor voort te gaan.

Mzukisi Ndamase (46), Siphosoxolo Myekethe (45), Aphiwe “AP” Ndende (25), Bonga Hintsa (31),  Mawethu Nomdlembu (36), en Songezo Vuma (20) word aangekla van sameswering om moord te pleeg, 18 sake van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, onwettige besig van vuurwapens en ammunisie.

Die verdagtes word aangekla van die massaskietery op 28 September 2024 waarin 18 mense by twee huise gedood is. Hulle word ook verbind aan die moord op die politikus Mncedi Gijana in KwaBhaca op 19 Augustus 2024.

Die staat is gereed om voort te gaan met die verhoor.

Bron: NVG

Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief