Lees ook: Blitsige SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem
Die atleet Luxolo Adams het met regstappe teen Athletics SA gedreig na hy uit SA se Olimpiese Spele-span gelaat is ten gunste van Wayde van Niekerk.
Van Niekerk het uit die 400 m onttrek om op die 200 m te fokus, wat veroorsaak het dat Adams uit die span verwyder is om vir hom plek te maak.
Adams het gesê die besluit is op ‘n informele wyse aan hom bekendgemaak, wat wys daar is geen respek, professionaliteit of inagneming van sy geestesgesondheid nie. Hy het ‘n WhatsApp-boodskap gekry waarin gesê is hy is uit die span gelaat “omdat hy nie gereed is nie”.
Hy wil regstappe neem om die besluit om te keer. Sinesipho Dambile is oor Van Niekerk se besluit ook nie vir die span gekies nie.
Bronne: IOL, The Citizen, Briefly
Lees ook: Blitsige SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem





