Ma en dogter op landgoed aangerand en beroof – 3 vas

Lees ook :

Foto: Magersfontein Memorial Golf Estate

NOORD-KAAP. – Drie mans tussen die ouderdomme van 32 en 36 jaar is in hegtenis geneem in verband met ‘n huisroof nadat ‘n vrou en haar tienerdogter (16) op die Magersfontein Memorial-gholflandgoed in Modderrivier aangerand en beroof is.

AO Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die voorval het Maandag kort voor 23:00 plaasgevind toe vyf verdagtes na bewering toegang tot die woning op die landgoed verkry het. ‘n 40-jarige vrou en haar dogter is glo aangerand voordat hul van hul persoonlike besittings beroof is. Die twee slagoffers is vir behandeling na ‘n hospitaal in Kimberley geneem en is later ontslaan.

Die polisie het inligting nagegaan wat hulle ontvang het, waarna twee verdagtes van onderskeidelik 32 en 34 jaar Dinsdag omstreeks 16:00 in hegtenis geneem is. ‘n Derde verdagte, 36 jaar oud, is Woensdag in die vroeë oggendure vasgetrek. Volgens die polisie is twee verdagtes steeds op vrye voet. Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat tot hul opsporing kan lei om na vore te kom. Speur.konst. Abigail Morgan kan by 082 495 4711 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief