OUDTSHOORN. – Loren-Lee Jansen (23) en haar kleuterseun Mushan (3) het Saterdagoggend omstreeks 02:30 op die Proefplaaspad in ‘n ongeluk gesterf.
Sers. Christopher Spies sê die polisie is na ‘n ongelukstoneel waar die twee oorledenes buite die voertuig gevind is. Die ma en haar kleuterseun het verskeie beserings opgedoen. Beide is deur paramedici op die ongelukstoneel dood verklaar.
‘n Saak van strafbare manslag word deur Oudtshoorn-speurders ondersoek om die oorsaak wat tot die ma en seun se dood gelei het, vas te stel.
Geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Volgens Leon Campher het Loren se susters Sondag van Kaapstad na Oudtshoorn gereis. Hy sê voorts Oudtshoorn Community Against Crime het beplan om gedurende die week ‘n kransleggingsdiens te hou. Die datum en tyd sal aan die gemeenskap bekendgemaak word.
Bron: SAPD en Leon Campher
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





