Ma en seun se moord – tweede verdagte vandag in hof

Lees ook :

Foto: Nadine Terblanche Fb-blad

GAUTENG. – Nadine Terblanche (32) en haar minderjarige seun, Ruandré (9) se liggame is op 27 November 2023 deur Freddie Stapelberg (34), Terblanche se lewensmaat, in hul woning aangetref. Die Gautengse polisie sê ‘n tweede verdagte in die moordsaak is in hegtenis geneem. Volgens beriggewing blyk dit die persoon in aanhouding was aan die oorledenes bekend. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Palmridge-landdroshof verskyn.

Kol. Mavela Masondo het die inghegtenisneming van ‘n 34-jarige man wat aan die oorledenes bekend was aan FiND iT bevestig. Masondo sê die verdagte is Vrydag op Alberton in hegtenis geneem.

Pardon Danhire (37), ’n Zimbabwiër, het reeds as eerste verdagte in die Palmridge-landdroshof verskyn.

Besoek jy Freddie Stapelberg se sosialemediablaaie, is dit gevul met boodskappe van hartseer oor sy verlies.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

ALBERTON. – Die polisie het ’n tuinier in hegtenis geneem na ’n ma en seun (6) gister in hulle woning in Langehovenstraat op Alberton vermoor is.

Na bewering het die huiseienaar by die huis aangekom en is deur sy tuinier met ’n byl aangeval. ’n Sekuriteitswag is in die hande gekry wat die tuinier vasgetrek het.

Die man het glo by die huis ingegaan en op die liggame van sy seun en vrou afgekom.

Die polisie het die tuinier in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die rede vir die moorde is onbekend.

Bronne: SAPS

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief