VRYSTAAT. – Die ma (38) van ‘n 10-jarige seun is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy hom met kookwater gebrand, aangerand en vir drie dae in hul huis toegesluit het.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, AO Mmako Mophiring, het die seun op 10 Januarie 2025 in Phuthaditjhaba vir homself kos gemaak. Sy ma het vir hom gevra wat hy doen, waarna sy die ketel gevat en kookwater oor hom uitgegooi het. Dit het erstige brandwonde op sy rug veroorsaak. Toe die seun probeer wegvlug na sy broer, het sy ma hom teruggebring, hom met ‘n gordel geslaan en hom vir drie dae lank in die huis toegesluit. Op die derde dag het die seun daarin geslaag om na sy oupa se huis te ontsnap. Sy ma het dit agternagekom, maar die gemeenskap het ingegryp en hom beskerm.
Die ma is op 15 Mei 2026 skuldig bevind op ‘n aanklag van poging tot moord en is tot direkte gevangenisstraf gevonnis.





