Ma op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ’n Ma (47) het Dinsdag op aanklagte in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn, nadat sy glo suur in haar tienerdogter (14) se gesig gegooi het.

Kol. Adéle Myburgh sê die saak is eers tot Woensdag en daarna tot Dinsdag 6 Mei vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel. Die beskuldigde se hofverskyning spruit uit ’n voorval wat Dinsdag omstreeks 06:30 plaasgevind het.

Die polisie het aanvanklik ’n oproep van die ma gekry waarin sy beweer haar dogter het haarself met suur gebrand en is na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Mmabatho-GKS se ondersoek het egter aan die lig gebring dat die ma Dinsdagoggend vroeg by haar huis in Majemantsho-dorp aangekom het. Sy het glo gevra die tiener moet haar na ‘n buitekamer vergesel, waar sy suur in haar gesig gegooi en haar daarna na ‘n plaaslike hospitaal geneem het.

Maj.genl. Patrick Asaneng, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, sê: “Die arrestasie van die ma bring geen berusting nie en sal beslis nie die pyn en trauma uitwis waaraan die kind onderwerp is nie. Die ma is veronderstel is om ’n voog, versorger en beskermer te wees. Hierdie voorval vereis die aktiewe betrokkenheid en gesamentlike verantwoordelikheid van die regering en burgerlike samelewing om die onderliggende oorsake van misdade teen kinders, vroue, bejaardes en weerloses in die samelewing aan te spreek.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief