VSA. – Tranyelle Harshman (32) het op 10 Februarie by haar huis in Byron, Wyoming, eers haar vier dogters geskiet, voordat sy die vuurwapen op haarself gerig het.
Harshman het die Big Horn County Sheriff se 911-kantoor omstreeks 01:30 gebel en ‘n skietery in haar huis aangemeld. Sy het egter nie gesê sy is die een wat die sneller getrek het nie, maar dat sy wel dink haar dogters is dood. Sy het aangedui twee van haar dogters sou op die boonste verdieping in hulle beddens aangetref word en twee op die onderste vloer in ‘n kamer wat hulle deel. Harshman het bygevoeg sy sal in haar eie slaapkamer gekry kan word.
Die dogters, onderskeidelik twee wat 2 jaar oud was en Brailey (9), het skietwonde aan hulle koppe opgedoen en het op die toneel gesterf. Harshman en Olivia Blackmer (7), die ander dogter, is ook met skietwonde aan hul koppe na mediese hulp gehaas. Harshman het aan haar skietwond, wat sy self toegedien het, gesterf, terwyl haar dogter Olivia vir vyf dae lank vir haar lewe geveg en toe in Salt Lake City in ‘n Utah-hospitaal oorlede is.
Tranyelle Harshman en Quenn Blackmer se dogters het ten tyde van die tragedie by hulle ma gebly. Tranyelle was egter met Cliff Harshman getroud en hy was die pa van die twee jonger dogters wat gesterf het.
Harshman het aan Cowboy State Daily gesê sy vrou was nie ‘n monster nie, maar was onder behandeling vir post partum depressie en PTSD. Al vier die dogters was met ‘n verkoue tuis en Harshman was weg met werk.

Quenn Blackmer en sy twee dogters wat gesterf het. Hy het Sondag die nuus gedeel dat Olivia Saterdag om 15:44 gesterf het.



Bronne: Big Horn County Sherrif’s Office, GoFundMe en KTVQ





