Ma wat 2-jarige verwurg, gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Sindiswa Dhlamini (32) is aan moord skuldig bevind en tot 12 jaar tronkstraf gevonnis na sy in die hof getuig het sy het vir Lee Dhlamini (2), haar seun, na ‘n hewige gesinswoordewisseling verwurg.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Dhlamini het na die argument in ‘n motorvoertuig gesit en huil. Die kleuter het in die voertuig geklim en begin speel. Sy het die seun uit woede verwurg. Na die tyd het sy besef wat sy gedoen het en hom sonder sukses probeer bybring. Daarna is sy polisiestasie toe waar sy haarself oorhandig het. Sy is gearresteer en het op die aanklag van moord skuldig gepleit.

Die staat het nie haar pleit as ‘n ware weergawe van wat gebeur het, aanvaar nie. Die verhoor het voortgegaan en sy is deur die hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Die kleuter se pa het ter strafverswaring getuig hy kan nie verstaan waarom die ma so ‘n misdaad teen ‘n kind gepleeg het nie.

Adv. Monde Mbaqa, senior staatsaanklaer, het die aksies as genadeloos beskryf en gesê sy moet verantwoordelik gehou en gestraf word. Die hof het beslis daar is geen wesenlike en dwingende omstandighede om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie, want Dhlamini het die voorval dadelik by die polisie aangemeld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief