Maak jou Valentynsdag spesiaal

Lees ook :

Idees om jou Valentynsdag spesiaal te maak. Foto ter illustrasie Canva

Of jy Valentynsdag vier of nie – een ding is seker: môre gaan alles in rooi getooi wees en jy gaan beslis liefdesliedjies oor die radio hoor. Hier is idees om die Valentynsdag ekstra spesiaal te maak, selfs al is jy nie ’n aanhanger van ’n tradisionele Valentynsdag nie.

IDEE 1

Kyk as ’n paartjie of gesin saam na julle gunsteling- Valentynsdag-fliek. Maak dit ’n besonderse aand van springmielies en lag.

IDEE 2

Maak aandete met Valentynsdag as tema. Die kinders kan help versier aan ’n pizza wat net rooi bestanddele het. Hou ook rooi koeldrank of ’n glas rooiwyn byderhand.

IDEE 3

Herleef julle eerste afspraak. Gaan terug na waar dit alles begin het deur die gebeurtenis te herskep. As julle eerste afspraak ’n koffie-drink-sessie was, gaan weer uit vir koffie.

IDEE 4

Skep vir elkeen in die gesin ’n musiekspeellys met Valentynsdagliedjies. Stel die kinders aan julle tipe musiek bekend, en luister ook na van hulle tipe musiek.

IDEE 5

Wy Valentynsdag aan elke gesinslid se gunstelingaktiwiteit. Maak dit ’n instelling om elke jaar ’n ander aktiwiteit te doen. Hierdie jaar gaan eet julle miskien uit omdat Pa daarvan hou. Volgende jaar gaan julle weer op ’n staptog omdat Ouboet dit as die ideale aktiwiteit sien.

IDEE 6

Gaan deel julle omgee en liefde by die naaste welwillendheidsorganisasie uit. Besoek bejaardes in die ouetehuis en kikker hulle dag op. Julle kan ook gaan uithelp by die plaaslike DBV deur hokke skoon te maak of kat- en hondekos te skenk.

Dit maak nie saak wat jy verkies om môre te doen om Valentynsdag te vier nie, maar maak dit spesiaal deur tyd saam met geliefdes deur te bring of om jou omgee aan diegene rondom jou te toon.

Bronne: Country Living, Oprah Daily , Pioneer Woman

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief