Brekende Nuus
Afrikaans

Maak klaar vir duurder brandstof in November

Brandstofprys sal moontlik styg in November

fotokrediet: Canva
Brandstofprys sal moontlik styg in November fotokrediet: Canva

Lees ook: KYK: Inwoners van Kariega en Gqeberha word ontruim oor swaar reën

Nuwe data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n styging in die prys van petrol en diesel in November.

93-oktaan petrol se prys kan met 13 sent per liter styg, terwyl 95-oktaan petrol se prys 15 sent per liter meer sal wees. Diesel 0.05% kan styg met 18 sent per liter en diesel 0.005% met 17 sent per liter.

Paraffien se prys kan met 12 sent per liter styg.

Die prysveranderings sal eers in die eerste week van November bevestig en aangepas word.

Bronne: BusinessTech, Briefly, SABC News

Lees ook: KYK: Inwoners van Kariega en Gqeberha word ontruim oor swaar reën