Die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli gaan in April 2025 as deel van sy 30ste jaar in die musiekbedryf in SA optree.
Hy sal op 12 en 13 April 2025 in die SunBet-arena in Pretoria optree. Kapenaars kan uitsien na sy optrede op 16 April 2025 in die DHL-stadion in Kaapstad.
’n Sopraan, 60-stuk koor en 69-stuk orkes sal hom op die toer vergesel. Die simfonie-orkes van Johannesburg en die Johannesburg Festival Orchestra sal saam met hom in die SunBet-arena te sien wees. In Kaapstad sal die Philharmonia Koor sowel as die Kaapstad Filharmoniese Orkes (KFO) by hom aansluit.
Kaartjieverkope open amptelik Vrydag 24 Mei om 9:00 op Ticket Master en Big Concerts se webtuiste.
Bron: Big Concerts





