Lees ook: Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën oor die grootste deel van die land – die Noord-Kaap, Vrystaat, Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap – vir vandag voorspel.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is uitgereik vir die Oos-Kaap, met ‘n waarskuwing vir moontlike oorstromings.
Mense word herinner om lopende water te vermy wanneer dit reën en om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: Saws
Lees ook: Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga





