Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga

Lees ook :

Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga fotokrediet: Canva

Lees ook: R100 miljoen van Powerball-boerpot is gewen

MPUMALANGA. – Sowat 50 Putco-busse is vanoggend by verskillende depots aan die brand gesteek, terwyl twee van die maatskappy se werkers beseer is.

Volgens die Putco-woordvoerder, Lindokuhle Xulu, het ’n groep onbekende verdagtes die veiligheidspersoneel by die Moloto-depot oorval, die busse aan die brand gesteek en in die depot begin skiet. Twee van die maatskappy se werkers is beseer.

Die depots by Wolwekraal, Siyabuswa en Vaalbank is ook aangeval.

Volgens eNCA is die busse moontlik met petrolbomme aan die brand gesteek. Die polisie is besig om die voorvalle te ondersoek.

Bronne: eNCA, Jacaranda FM, IOL

Lees ook: R100 miljoen van Powerball-boerpot is gewen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief