“Mad” Mike Hughes (64) sterf ná tuisgeboude vuurpyl neerstort

Lees ook :

“Mad” Mike Hughes.

KALIFORNIË – ’n Man van Kalifornië wat tot die rand van die atmosfeer wou vlieg, is dood nadat sy tuisgeboude vuurpyl in die woestyn in Barstow, in California, neergestort het.

“Mad” Mike Hughes, ’n waaghals en Flat-Earther, het dié stoomgedrewe vuurpyl saam sy kollega, Waldo Stakes, gebou. Hulle het beoog om die waagstuk 1.5 km in die lug op te skiet, berig Phys.org en RT

Die poging is deur die Science Channel gedokumenteer, wat hom in ’n nuwe reeks genaamd Homemade Astronauts wou vertolk.

In ’n video van die voorval kan dit gesien word hoe die valskerm met die afvuur van die vuurpyl afskeur.

Video nie vir sensitiewe lesers nie:

[archiveorg bI63rLs1W6wYHN3O width=640 height=480 frameborder=0 webkitallowfullscreen=true mozallowfullscreen=true]

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief